Gerhard Ackerman, die man wat beskuldig word daarvan dat hy ’n kinderseksring bestuur het in Johannesburg, is aangekla van poging tot moord omdat hy glo seuns aan ’n HIV-positiewe kliënt oorhandig het om mee seks te hê.
Ackerman het onskuldig gepleit op 740 aanklagtes wat wissel van verkragting, mensehandel en die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie.
Ackerman word beskuldig daarvan dat hy seus so jonk as sewe jaar oud in sy seksring ingelok het en aan mans, insluitend regter Paul Kennedy wat in 2022 selfdood gepleeg het, gegee het vir die uitvoer van seksuele dade.
Ackerman het drie aanklagtes van poging tot moord teen hom nadat hy twee 16-jarige seuns en ’n 15-jarige seun aan Kennedy gegee het vir seksuele dade terwyl hy geweet het Kennedy was HIV-positief.
Die saak sal Woensdag voortgaan.
Bronne: EWN, 702, Times LIVE
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ooK: Man beskuldig van bestuur van kinderseksring, pleit onskuldig



