Wortelkoekresep

Deel hierdie storie / Share this story

Maklike resep vir ‘n lekker klam wortelkoek die naweek.

Bestanddele:

500 ml suiker
4 groot eiers
3 ml vanieljegeursel
375 ml sonneblomolie
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
10 ml koeksoda
10 ml fyn kaneel
5 ml sout
750 ml wortel, gerasper
200 ml fyn klapper
250 ml okkerneute, gekap
250 ml geblikte fyn pynappel, gedreineer

Versiersel:

125 g botter, sag
500 g versiersuiker
250 g roomkaas
5 ml vanieljegeursel
ekstra gekapte okkerneute vir bo-oor sprinkel

Metode:

Verhit oond tot 180 °C.
Smeer twee 23 cm-koekpanne met bietjie botter en voer met bakpapier uit.
Klits suiker, eiers en vanieljegeursel saam en voeg olie geleidelik by.
Sif meel, bakpoeier, koeksoda, kaneel en sout saam en meng by die eier-en-suikermengsel in.
Voeg die gerasperde wortel, klapper, okkerneute en pynappel by beslag.
Gooi in voorbereide koekpanne en bak vir ongeveer 1 uur of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel in die panne.

Vir die versiersel:

Room botter in ’n voedselverwerker en voeg helfte van die versiersuiker geleidelik by.
Klop tot lig en romerig. Voeg roomkaas by en meng teen lae spoed.
Voeg laastens res van versiersuiker en vanieljegeursel by.
Meng slegs tot alles goed deurgemeng is, anders raak die versiersel loperig.
Keer koeke uit panne en verwyder bakpapier.
Smeer een koek met helfte van die versiersel. Plaas die ander koek bo-op en smeer met die oorblywende versiersel.
Sprinkel gekapte okkerneute bo-oor.

Bron: Idees Tydskrif
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK