Brandstofpryse styg volgende week

Deel hierdie storie / Share this story

Motoriste moet hulle voorberei op brandstofpryse wat gaan styg.

Data van die Sentrale Energiefonds dui daarop dat die koste van alle brandstoftipes, behalwe diesel, volgende week sal styg.

Die data wys dat 93-oktaan-petrol met 32 sent per liter en 95-oktaan-petrol met 25 sent per liter sal styg.

Paraffien sal met agt sent styg terwyl diesel met ses sent sal daal.

Bronne: eNCA, OFM, Daily Voice

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Onderwyseres wil bedank oor ouers teen LGBTQ+ ‘propaganda’ in klaskamers is