‘E-hailing’ bestuurder vermoor, passasier beroof

Deel hierdie storie / Share this story

’n “E-hailing” bestuurder is Dinsdagmiddag in Avoca doodgeskiet nadat hy ’n passasier by die Cornubia Mall in Mount Edgecombe, KwaZulu-Natal gaan haal het.

Brandon Pillay (44) is glo deur twee gewapende verdagtes voorgekeer toe hy stilhou. Pillay het probeer wegry, maar is geskiet. Hy en die passasier is beide beroof.

Pillay is op die toneel dood verklaar.

Bronne: IOL, 247 News, VN Explorer

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Man wat glo kinderseksring bestuur aangekla van poging tot moord