Die 35-jarige Ali Hussain wat vroeër deur inwoners van Kimberley as ontvoer gerapporteer is, was toe nooit werklik ontvoer nie.
Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê die polisie kan bevestig dat daar Maandag ‘n rustige optog buite die polisiekantore in die dorp was. Inwoners het betoog omdat hulle hulp wou hê om die “ontvoerde” Hussain op te spoor.
Met verdere ondersoek kon die polisie vasstel dat Hussain nooit ontvoer was nie. Na onderhoude met ander buitelanders het die polisie toe ‘n vermistepersoonsaak geopen.
Hussain is later deur buitelanders na die polisiestasie geneem om beamptes in kennis te stel daarvan dat hy nooit ontvoer is nie.



