Sekuriteitsbeampte dood, twee beseer in transitorooftog

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Sekuriteitsbeampte is dood en twee ander beseer in ‘n transitorooftog wat vroeër vandag op die R40-pad tussen Witrivier en Hazyview in Mpumalanga plaasgevind het.

Emer-G-Med is net voor 11:00 na die toneel.

Rapportering van die toneel was dat ‘n onbekende aantal verdagtes die kontantwa in ‘n lokval gelei het voordat dit met ‘n toestel opgeblaas is.

‘n Oor-en-weer-skietery het ontstaan wat een sekuriteitsbeampte dood en twee ander beseer gelaat het.

Die een sekuriteitsbeampte is op die toneel dood verklaar.

Sy kollegas is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hulle na ‘n hospitaal geneem is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.