‘n Heerlike en vinnige ontbyt-idee vir die week!
Bestanddele:
2 eiers
½ t sout
1¾ k melk
4 e gesmelte botter
2 e suiker
2 k meel
2 t bakpoeier
Metode:
Sif al die droë bestanddele saam. Klits eiergele en voeg by melk en meng. Voeg die melkmengsel by droë bestanddele en meng goed. Voeg gesmelte botter by en meng goed. Klits eierwitte styf en vou liggies by die mengsel in. Bak die wafels tot goudbruin en geniet.
Stroop en roomys is ‘n heerlike idee, of jy kan vir ontbyt sommer spek, roereier of enigiets waarvan jy hou, byvoeg.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



