‘n Man (36) se liggaam is Vrydag in Grangetown in KwaZulu-Natal opgespoor nadat hy sewe selfdoodbriewe aan familielede geskryf het.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) is die 36-jarige Shane Marshal Singh as vermis aangemeld nadat iemand sewe selfdoodbriewe gerig aan sy vrou, broer, sussie, pa en seun op sy WhatsApp-status gesien het.
Rusa-lede is na die omgewing uitgeroep en het Singh se liggaam later in ‘n kamer in sy pa se huis gevind.
Hy is vermoedelik aan ‘n oordosis voorskrifmedisyne oorlede. Singh het vermoedelik sy eie lewe geneem nadat hy onlangs van sy vrou geskei het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



