Twee in hegtenis na ‘gekaapte’ voertuig toe eintlik deur gemeenskap vernietig is

Deel hierdie storie / Share this story

Twee mans wat aanvanklik ‘n “gekaapte” voertuig by die polisiestasie op Nebo aangemeld het, is in hegtenis geneem nadat dit aan die lig gekom het dat die voertuig nie gekaap was nie, maar deur woedende gemeenskapslede aan die brand gesteek is.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die twee verdagtes is glo betrap toe hulle bokke in die Diphagane-nedersetting probeer steel het.

‘n Vierde verdagte is ook na polisieondersoek in hegtenis geneem en die 11 gesteelde bokke is gekonfiskeer.

Die drie verdagtes van tussen 24 en 34 jaar oud, sal na verwagting vandag in die hof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel