Anlia van Rensburg het die naweek die eerste foto van haar en die rugbyster Eben Etzebeth se groot dag op sosiale media gedeel.
Die paartjie het op 4 Februarie die knoop deurgehak.
“Een week getroud met my beste pel! Dit is ALLES!” skryf sy by die foto.
Etzebeth, Sprinkbok-rugbyspeler, is op 31 Januarie aangewys as SA se Rugbyspeler van die Jaar vir 2022.
Van Rensburg is ‘n sangeres en het in Oktober 2022 haar eerste enkelsnit, Plaaslewe, vrygestel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



