Man van Lebowakgomo vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie op Lebowakgomo, Limpopo, doen ‘n beroep op die gemeenskap om die vermiste 59-jarige Seputule Stephen Mphahlele te help opspoor.

Volgens sers. Mienkie Ramakgoagoa, polisiewoordvoerder, sê Mphahlele se vrou sy was Vrydagaand saam met hom by die huis toe hy net skielik verdwyn het. Hy het ook nie sy vrou ingelig waarheen hy gaan nie.

Dis nie bekend wat hy aangehad het ten tyde van sy verdwyning nie.

Enigiemand met inligting kan die polisie by 082 565 8234 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel