LEES OOK: Twee week oue babatjie by kliniek in Pretoria agtergelos
‘n Kind van 21 maande is dood nadat hy Sondag by Jeppes Reef simptome van diarree, naarheid en maagpyne getoon het.
Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê volgens die polisie se inligting is vyf familielede in die Shongwe-hospitaal opgeneem nadat almal presies dieselfde simptome getoon het.
Vier kinders – ‘n dogtertjie van vier jaar oud, twee seuns van ses en sewe jaar oud en die oorlede kind – het by hulle 23-jarige tannie gewoon. Hulle het glo na ete net skielik siek geword.
Almal is na die hospitaal geneem en die kleuter het nie die voorval oorleef nie, sê brig. Mohlala.
Die 23-jarige tannie is behandel en dieselfde dag nog uit die hospitaal ontslaan. Die ander drie kinders ontvang nog mediese behandeling.
Volgens brig. Mohlala is dit nog nie bekend wat die virus veroorsaak het nie, maar ‘n nadoodse ondersoek word gedoen.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



