LEES OOK: Twee week oue babatjie by kliniek in Pretoria agtergelos
‘n Vermeende inbreker (29) is geskiet toe hy Dinsdagoggend ‘n polisiebeampte wat nie aan diens was nie, in Hazelmere, KwaZulu-Natal aangeval het.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê sy lede het omstreeks 08:00 Dinsdagoggend ‘n oproep om mediese hulp ontvang.
Met hulle aankoms op die toneel, kon lede vasstel die beseerde is ‘n vermeende inbreker en die eienaar van die huis ‘n polisiebeampte wat in die Oos-Kaap werk.
Die polisiebeampte se bure het hom daarvan ingelig dat daar oor die naweek by sy huis ingebreek is. Hy het na sy huis teruggekeer en het daar glo op die verdagte afgekom wat glo besig was om sy besittings te steel.
Die verdagte is in die been geskiet.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



