SAPD-hond red bejaarde vrou uit puin in Turkye

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Twee week oue babatjie by kliniek in Pretoria agtergelos

‘n Bejaarde vrou (80) is lewend in Hatay, Turkye, onder die puin uitgehaal nadat ‘n hond van die SAPD se K9-eenheid gehelp het om haar te vind.

Suid-Afrika se Gift of the Givers-spanne is in Turkye vir ondersteuning en hulp nadat ‘n aardbewing die land verlede Maandag getref het. Die sterftesyfer staan reeds op 35 000.

Gift of the Givers is saam met ander spanne soos die polisie se K9-eenheid, Medi Response en SARZA in die land.

Een van die polisiehonde het ‘n lewende persoon onder die puin herken en nadat die ergste rommel om haar skoongemaak is, het spanne ‘n bejaarde vrou (80) onder die puin uitgegrawe. – Good Things Guy

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel