Die familie van die 13-jarige Luntu Khawula het Reaction Unit South Africa (Rusa) Maandagmiddag gevra om te help om sy liggaam op te spoor nadat hy saam met vriende geswem en toe verdrink het.
Volgens Rusa is lede Maandagmiddag na die Umgeni-rivier, Springfield Park in KwaZulu-Natal om die seun se familie en die gemeenskap te ontmoet. Dis vasgestel dat die tiener Sondagogend omstreeks 10:00 saam met vyf vriende in die rivier geswem het toe hy onder die water verdwyn het.
‘n Helikopter is ingespan om na die seun se liggaam te help soek.
Die soektog duur vanoggend voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



