Tebello ‘Tibz’ Motsoane se gedenkdiens Donderdag

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: AKA se dood was sluipmoord, sê Fikile Mbalula

Die gedenkdiens vir entrepreneur, sjef en skrywer Tebello “Tibz” Motsoane sal Donderdag by die Sacred Heart College in Johannesburg plaasvind.

Tebello en sy vriend, die kletsrymer AKA, regte naam Kiernan Forbes, is Vrydagaand buite ’n restaurant doodgeskiet.

Tebello se gedenkdiens sal ook uitgesaai word en naby vriende, familie en van die media sal daar wees om hom te groet.

Sy begrafnis sal die naweek in ’n privaat seremonie plaasvind.

Bronne: IOL, The Citizen, ZAlebs

Lees ook: NPA verduidelik waarom niemand aangekla is vir Anele Tembe se dood