Lees ook: AKA se dood was sluipmoord, sê Fikile Mbalula
Die National Prosecution Authority (NPA) het verduidelik waarom hulle niemand aangekla het vir die dood van Anele Tembe, die oorlede verloofde van vermoorde kletsrymer AKA, nie.
Anele het op 11 April 2021 van die tiende vloer van ’n hotel in Kaapstad na haar dood geval nadat sy en AKA glo ’n argument gehad het.
AKA het ná haar dood in ’n onderhoud gesê Anele het selfdood gepleeg. Haar familie het dit nie geglo nie, maar die NPA het besluit om na verskeie ondersoeke niemand vir haar dood te vervolg nie.
Ten tyde van die moord op AKA was Anele se familie besig met stappe om die ondersoek na haar dood te laat voortgaan.
AKA en sy vriend, Tebello “Tibz” Motsoane, is Vrydag in Durban doodgeskiet terwyl hulle ’n restaurant verlaat het.
Bronne: IOL, Sowetan LIVE, Briefly



