Jong vrou (18) sterf op pad na hospitaal ná slangbyt

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Jong vrou (18) van Hermon in die Wes-Kaap is Sondagaand dood nadat ‘n slang haar in haar kamer gepik het.

Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control het in ‘n plasing op sosiale media gesê die vrou het wakkergeword en ‘n erge brandgevoel aan haar hand ervaar. Sy het toe ook ‘n slang se stert in die kamer gesien verdwyn en dadelik hulp gesoek.

‘n Ambulans het haar gaan haal, maar die vrou is reeds op pad Ceres toe dood verklaar.

Meer inligting is nog nie bekend nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel