Sanger en liedjieskrywer Rudi Claase was Maandag in die hospitaal opgeneem weens ‘n komplikasie wat hom verhoed om te sluk.
Claase het Maandag op sy sosialemediaplatforms bekendgemaak dat hy “weens komplikasies” in die hospitaal opgeneem is.
Dinsdag het hy egter weer in ‘n plasing op sosiale media dankie gesê aan al sy ondersteuners vir die mooi boodskappe en hulle omgee, en dat hy weer veilig by die huis is.
“Kantoor: Baie dankie vir al julle wonderlike boodskappe en jul omgee. Rudi is weer terug by die huis, die blokkasie wat verhoed het dat hy enige iets kon sluk is nou verwyder,” lui ‘n plasing.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



