Baba Malann se ouers en “Die Kontrak-Sanger” Dodo Nyoka het hulle tot sosiale media en die breë publiek gewend vir hulp nadat dokters aan sy ouers gesê het dat hy breindood is.
Ongeveer 16 ure gelede het die ouers ‘n plasing op Hemelse Pêrels NPC laat maak dat die dokters die breinskade bevestig het en dat Baba Malann nie reageer nie en ook nie self kan asemhaal nie.
“Hulle gaan hom nog ‘n rukkie gee en dan van die masjien afhaal.”
“My hart breek dat sy lyfie deur al die moet gaan. Ek kom vandag en vra vir gebed asseblief.”
Dodo het sy sangstem by die van die ouers gevoeg en vir hulp gevra.
Sy ouers wil hom graag na ‘n privaat hospitaal skuif en het ongeveer R200 000 nodig, waarvan hul reeds R40 000 kon insamel.
Dokters het sy ouers na ‘n CT-skandering ingelig dat hy ‘n slegte aanval gehad het en dat al sy organe nie werk nie.
Dokters het die ouers gesê om vir die ergste voor te berei omdat hy ook longinfeksie het en dat hulle nie veel meer vir hom kan doen nie.
Indien jy kan help, kontak Hemelse Pêrels NPC by 078 462 8503.
Ons Doen Fonds is ook betrokke met fondsinsameling en bankbesonderhede kan op Devon Hofmeyr se Facebook-blad gekry word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



