Jantjies ‘sit alles agter hom en begin skoon’ teken by nuwe klub

Deel hierdie storie / Share this story

Die Springbok-rugbyspeler wat die afgelope paar maande opslae in die nuus gemaak het nadat sy beweerde verhouding met die Bokke se dieetkundige op die lappe gekom het, het onlangs tydens ‘n perskonferensie gesê hy sit alles agter hom en begin op ‘n skoon bladsy.

Fotokrediet: Agen Rugby

Elton Jantjies het by die Franse rugbyklub, Agen Rugby in die Pro D2, aangesluit nadat sy pad met die Japannese Red Hurricanes-klub geskei het.

Die losskakel het erg onder kritiek deurgeloop nadat hy erken het dat hy en Zeenat Simjee, die Bokke se dieetkudinge, al sedert 2019 ‘n verhouding het.

Zeenat ontken die bewerings en sê Jantjies is gesien met iemand wat “soos sy lyk.”

Iva, Jantjies se vrou, wat op die oomblik in Turkye is, het glo aan Netwerk24 gesê as sy aan haar huwelik wou werk, sou sy in Suid-Afrika gewees het.

Iva het onlangs op haar sosiale media gedeel dat sy uit Japan na Ciprus met haar en Jantjies se drie kinders verhuis het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel