Die Upington-polisie gaan voort met hul soektog na die vermiste 5-jarige Le-Virno van Wyk.
Le-Virno word sedert 31 Mei 2022 vermis nadat hy laas gesien is terwyl hy saam met sy vriende by ‘n spoorlyn naby Skierlik-plakkerskamp speel.
Enigiemand met inligting kan die FCS-bevelvoerder, kapt. Koos van den Heever, by 082 302 0442 kontak of alternatiewelik die ondersoekbeampte, sers. Lebogang Mokwene by 082 330 4478. Wenke kan ook gegee word deur Crime Stop te skakel by 08600 10111 My SAPS App.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



