Die eindfluitjie het geblaas en dis verby tussen Elton Jantjies en sy vrou, Iva Jantjies.
“Wat hy op sy sosiale media plaas en sê het niks met my te doen nie en ek werk beslis op geen manier aan my huwelik,” het Iva aan Netwerk24 gesê.
Jantjies het ‘n foto op sy Instagram-blad van Iva en hul drie kinders gedeel wat die indruk skep dat hy en sy vrou aan hul huwelik werk.
Volgens Iva is sy en Jantjies op goeie voet en praat hulle elke dag met mekaar, maar werk sy 110% op geen manier aan hul huwelik nie.
Iva, wat op die oomblik in Ciprus is, het glo aan Netwerk24 gesê as sy aan haar huwelik wou werk, sou sy in Suid-Afrika gewees het.
Iva het onlangs op haar sosiale media gedeel dat sy uit Japan na Ciprus met haar en Jantjies se drie kinders verhuis het.

Hierdie besluit van Iva het gekom nadat daar berig is Jantjies en die span se dieetkundige, Zeenat Simjee, het glo in Mbombela in ‘n deftige gastehuis gebly
Duur vonkelwyn, romatiese etes en onbetaalde rekeninge het deel van die bewerings uitgemaak.
Simjee het die bewerings in ‘n verklaring ontken en gesê sy was die betrokke naweek saam met familie.

Jantjies het ook glo vroeër vanjaar by ‘n dwelmrehablitasiesentrum in Kaapstad ingeboek.
Jantjies is nie vir komende wedstryde van die Springbokke ingesluit nie en het op sosiale media gesê hy respekteer die besluit.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



