Kostelike foto van Riaan Benade en baba

Deel hierdie storie / Share this story

Die sanger, Riaan Benade, het ‘n kostelike foto op sy Instagram-blad gedeel waar hy besig is om sy babadogtertjie, Lucca, bottel te gee tussendeur vertonings by die gewilde musiekkonsert Afrikaans is Groot.

“Vinnige breuk tussen AIG. 2 down, 7 to go,” lui sy inskrywing.

Die sanger, wat gereeld met sy baba, wat môre sewe maande oud word, spog, het gesê hy hoop nie baba Lucca kry haar ma, Melissa Benade se “looks” nie, anders gaan hy in die moeilikheid wees en sy hande vol hê.

Benade en sy vrou, ‘n gekwalifiseerde prokureur, wat nie op die oomblik praktiseer nie, het op 7 Julie ouers geword.

Die sanger, wat bekend is vir sy treffers soos Gooi My Nog ‘n Wiskey, Vat ‘n Bietjie en Lieg vir My, het nie net pa geword in 2022 nie, hy het ook sy eerste huis gekoop en met Melissa getrou.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel