‘Zeenat weet dit was sy’- Elton Jantjies

Deel hierdie storie / Share this story

Nadat die Springbok se dieetkundige, Zeenat Simjee, die onthulling onken het dat sy ‘n verhouding met Elton Jantjies gehad het, het Jantjies teruggekap. Simjeey het ook beweer die vrou wat saam met hom by ‘n gastehuis gesien is, is iemand wat soos sy lyk.

“Soos ek aan my vrou bevestig het, het ek wel ‘n verhouding met Zee gehad. Daar is net een Zee.”

FiND iT het voorheen berig Jantjies en Simjee, het glo in Mbombela in ‘n deftige gastehuis gebly.

Duur vonkelwyn, romatiese etes en onbetaalde rekeninge het deel van die bewerings uitgemaak.

Volgens IOL het die Springbok-losskakel aan sy vrou, Iva Ristic, erken hy was al etlike maande by Simjee betrokke. Die bekentenis is na bewering gemaak die oomblik toe hy en sy vrou in Japan geland het, waar hy vir sy klub, Red Hurricanes Osaka, gespeel het.

Elton het bygevoeg dat dit hom irriteer dat die dieetkundige die verhouding aanhou ontken.

“Ek hoef nie te bewys dat ek en Zee meer as vriende was nie. Sy ken die waarheid,” het hy gesê.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel