Dieetkundige glo huis toe gestuur ná Jantjies verhouding erken

Deel hierdie storie / Share this story

Zeenat Simjee, die Springbokke se dieetkundige is na bewering huistoe gestuur nadat Elton Jantjies hulle verhouding erken het, berig Netwerk24.

Sy sal glo voor Saterdag se toets tussen die Bokke en Frankryk in Marseille terugkeer na Suid-Afrika. Dit is die tweede keer dat sy huis toe gestuur word oor die bewerings.

Die storm oor ‘n beweerde verhouding tussen Jantjies en Simjee het in September uitgebars nadat hulle glo by ‘n deftige gastehuis in Mbombela gebly het wat duur vonkelwyn, romatiese etes en onbetaalde rekeninge ingesluit het. Die voorval was ten tye van die Rugbykampioenskap-toets tussen die Bokke en die All Blacks. Zeenat, wat tot nou toe nog die bewerings ontken, het gesê sy was daardie naweek by haar familie.

Iva, Jantjies se vrou, het intussen aan Netwerk24 gesê sy werk glad nie aan haar huwelik en het met haar en Jantjies se drie kinders na Ciprus verhuis.

Jantjies het glo aan Iva erken die bewerings is waar.

Iva en Elton.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel