Die vrou wat daarvan aangekla word dat sy haar vier kinders vermoor het, het glo aan haar pa erken dat sy haar kinders met ‘n hamer doodgeslaan het.
Nomboleko Simayile (32), het Donderdag in die Ngcobo-landdroshof verskyn. Sy staan tereg op vier aanklagte van moord.
Simayile bly in aanhouding tot haar volgende hofverskyning op 17 November 2022, wanneer sy om borgtog sal aansoek doen. Die beskuldigde het glo Woensdag, 9 November 2022, aan haar pa gesê sy het haar kinders doodgeslaan met ‘n hamer.
Die twee seuns en twee meisies was 11, 9, 5 en 2 jaar oud. Die kinders het saam met hul ma in ’n rondawel in die Tsalaba-area in die distrik Ngcobo gewoon. Haar bejaarde ouers het in ’n aparte woonstel in dieselfde area gewoon.
Die oupa het sy vrou gewaarsku en die gemeenskapslede ontbied nadat hy die grusame ontdekking van sy kleinkinders gemaak het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



