‘n Man (33) is Donderdagmiddag by ‘n informele gebied in Canelands – KZN geskiet.
‘n Vrou het Reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa) omstreeks 17:41 gekontak om hulp vir die kritiek beseerde man te kry.
Reaksiebeamptes en Rusa se paramedici is onmiddellik na die toneel gestuur.
Met hul aankoms het die publiek die Rusa-lede na ‘n informele woning geneem waar die man op sy stoep gelê het en erg gebloei het.

By ondersoek is gevind dat hy skietwonde aan sy kop, nek en gesig opgedoen het. Hy het geen tekens van lewe getoon nie en is dood verklaar.
Drie gebruikte patrone en ‘n 9 mm Hollow Point-koeël is langs sy liggaam gevind. Die motief vir die moord is nie vasgestel nie.

Daar is vasgestel dat die verdagte Donderdag by die oorledene se woning aangekom het, maar dat die oorledene nie tuis was nie. Die verdagte het later teruggekom.
Hy het glo die slagoffer genader en hom gevra om ‘n kamer by hom te huur.
Die oorledene het hom toe glo ingelig dat hy werk toe gaan, maar hy sal gou vir hom die kamer wys. Terwyl hy sy deur gesluit het, het die verdagte ‘n vuurwapen uitgeruk en hom verskeie kere geskiet.
Hy het toe te voet in ’n onbekende rigting van die toneel gevlug.
Die oorledene se vriend en werkskollega wat in dieselfde informele area woon, is verlede Donderdag in sy huis doodgeskiet.

Fotokrediet: Rusa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanuse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



