Boer wat met kragkabel skok ‘lyk beter’

Deel hierdie storie / Share this story

Dit gaan beter met die 30-jarige boer, Roux Steenkamp, wat met ‘n Eskom-kragkabel geskok het.

Roux se lewe was Dinsdag in gevaar en hy moes skielik weer ‘n noodoperasie ondergaan. Hy is weer in die intensiewesorgeenheid op ‘n ventilator geplaas.

Volgens Burre Burger lyk alles nou “soos dit moet”, hoewel die proteïne in sy liggaam laag is, maar dit kan aangevul word sodra hy wakker is. Hy gaan egter weer vandag in teater toe waar daar na sy wonde gekyk gaan word.

“Roux se temperatuur is konstant op die oomblik wat beteken die antibiotika wat hy ontvang werk. Die uitslae van die CT-scans is nog nie terug nie, maar sy vitals lyk “onder omstandighede” goed. Hy is op die oomblik op adrenalien anders val sy bloeddruk.”

Roux se vrou, Enja, is 21 weke swanger met hul eersteling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel