Luister album hier – https://rooksein.lnk.to/DieOnbekende
Rooksein se debuutalbum, Die Onbekende, wat die liedjie Kyk Na My Hart insluit, is vandag amptelik vrygestel. Die liedjies, wat almal oorspronklik is, is deur die groep self geskryf.
“Musiek is ons manier om iets te sê sodat ander mense dit hoor. Luisteraars sal ongetwyfeld kan aanklank vind by ons klank, styl en lirieke. Ons is maar net drie jongmense wat lief is vir musiek en bevoorreg genoeg is om te kan doen waaroor ons mal is.”
Liedjies waarna jy op die album kan uitsien:
- Kyk Na My Hart
- Genade Nader
- Vertrou
- Woordelose Storie
- Damlelielief
- Kind Van Die Wind
- 10 uit 10
- Want ek mis jou hier
- Miskien
- Wees Net Beter Ft Hiram Koopman
- Rooksein
Die gewilde groep bestaan uit die volgende talentvolle kunstenaars: Megan Danner (24), Dian Maritz (23) en Renier West (25) (Bernice West se broer) wat mekaar in 2018 in Potch ontmoet het, waar Rooksein gebore is.
Leozelle Bekker, Afrikaans se openbare verhoudings-en-bemarkingsbestuurder van Universal Music SA sê die groep is tans op almal se lippe is en dat hul musiek baie goed doen
Die drie lede van Rooksein het vrae wat deur FiND iT aan hulle gestel is, soos volg beantwoord:
1. Wie is die talentvolste tussen julle? Almal
2. Wie het die beste smaak en styl? Megan
3. Wie neem die langste om klaar te maak? Megan
4. Wie is aan sy/haar foon vasgeplak? Renier
5. Watter sê-ding word die meeste tussen die drie gebruik? “Dis Crazy” en “Hey jou muis”
6. Wie gaan eerste trou? Megan
7. Wie bestuur die beste? Almal
8. Wie se senuwees knaag die meeste? Dian en Megan
9. Wie neem die besluite? Renier
10. Wat was die snaaksste oomblik wat julle drie al saam beleef het? “Inside jokes wat ons in die band deel. Dit maak die travel en lang ure lekker en dit vorm nou deel van ons goeie herinneringe van die band. Maar as ons ons een kan deel is dit toe Dian ons almal uit die huis uit gesluit het en ons hom deur die venster moes kry om vir ons die huis te kan oopmaak!”
Leozelle se: “Rooksein is besig om die musiekbedryf behoorlik op horings te neem. Na die reusesukses van Kyk Na My Hart, Damlelielief & Genade Nader stel Rooksein vandag hulle debuutalbum, Die Onbekende vry.”
“Die album is ‘n droom wat waar word. Ek droom al oor my sangloopbaan vandat ek begin sing het, toe ek 6 jaar oud was. Ek sou nooit kon raai dat dinge werklik sou uitwerk nie. Al ons tyd, energie en emosie is in hierdie album gesit en ek hoop dit beteken iets vir iemand, maar weet ook net dat hierdie nie die einde is nie, en dat Rooksein nog baie het om te bied. My gunstelingliedjie is 10 Uit 10.” – vertel Megan
“Hierdie album is vir my ‘n bewys dat enigiets moontlik is en dat as ‘n mens dit kan droom, kan jy dit doen. Van kleins af het ek hierdie gevoel gehad dat ek deel in iets groter en dat ek ‘n verskil moet maak in die wêreld daarbuite. Dit is presies wat hierdie album vir my is en ek glo vas dat hierdie album ‘n besonderse verskil kan maak by elke persoon wat hierna luister. Dit is vir my ‘n besonderse voorreg om deel te kan wees van hierdie projek en om deel te kan vorm van die hele Rooksein-familie. Hierdie is net die begin. My gunstellingliedjie op die album is Want Ek Mis Jou Hier” – vertel Renier
“My eerste album wat ek vir myself gekoop het was in Gr. 5 en dit was Green Day se album met die naam 21st Century Breakdown. As ‘n kind het ek altyd na baie musiek geluister. Die album self was so kragtig in die sin van dis hierdie kompak-verpakte geskenk van die musikante af aan die luisteraar wat hulle kuns verteenwoordig en uitdruk en die luisteraar die geleentheid gee om die kuns te interpreteer net soos wat die individu wil en voel. Ek het altyd gedroom daaroor om eendag my eie album te hê waar ek ‘n deel van my kuns daarbuite kan sit vir iemand om te luister en te interpreteer en te geniet. Dis eerlikwaar ‘n droom wat waar word. Die Onbekende is presies wat dit is. Dis ‘n mengelmoes van style en invloede van 3 komplekse individue wat Rooksein maak. Dis moeilik om ‘n gunstelingliedjie te kies op die Album want ek is mal oor almal, maar ek sal sê vir my is dit Wees Net Beter. Die liedjie se toon en boodskap is lig en die klank is universeel en natuurlik “feature” een van SA se mees talentvolle musikante, Hiram Koopman, daarin.” – vertel Dian.
Daar is een groot verrassing op die album waarna luisteraars beslis kan uitsien en dit is die liedjie Wees Net Beter waarop Hiram Koopman verskyn. Baie mense sal hom ken as een van die beste saksofoonspelers in ons land. Hy het al op groot verhoë opgetree en die land vol getoer saam met kunstenaars soos Spoegwolf, Elvis Blue en vele meer. Dié liedjie bring ‘n hele ander klank tot die Afrikaanse musiekbedryf, ‘n klank waaroor Rooksein baie opgewonde is.
Wat jy nog van die band moet weet:
Megan Danner is die hoofsangeres en kom van die Paarl in die Wes-Kaap. Sy is passievol oor musiek en sing al vandat sy ses is. Sy het onder die Top 3 geëindig in die eerste reeks van Emo Adams se realiteitsprogram, Maak My Famous. Sy het ’n wye musieksmaak wat wissel van Country tot Jazz en Rock, en sy vind inspirasie vir haar eie musiek in alledaagse dinge.
Dian Maritz is die hoofkitaarspeler en agtergrondsanger van die driemanskap. Hy kom van Plettenbergbaai en het besigheidsbestuur gestudeer, maar inderwaarheid is hy al sy hele lewe lank doenig met musiek. Dié Plettenbergbaaier hou baie van alternatiewe musiek en is van mening dat dit ‘n invloed op sy eie styl het. Dian glo dat musiek kuns is wat direk met die hart praat en put inspirasie uit die land, geloof en verhoudings wanneer dit by sy eie werk kom.
Renier West is ’n liedjieskrywer en musikant van Rustenburg. Alhoewel hy sportief is, is musiek nog altyd een van sy groot passies, en wanneer hy nie op die verhoog is nie, geniet hy dit om tyd saam met sy vriende te spandeer en werk andersins baie hard by die koffiewinkel West Café wat hy en sy suster Bernice West ‘n paar maande gelede oopgemaak het. Hy put inspirasie uit die waarhede en emosies in die lewe.
Vir meer inligting oor Rooksein kontak:
Leozelle Bekker – [email protected] / 074 643 5438
Vir besprekings kontak:
Vocal Events – [email protected] / 071 482 2533
Kyk self hier wat die groep oor die vrystelling te sê het:
FiND iT wens hierdie talentvolle nuwelinge op die Afrikaanse musiekmark voorspoed met hul musiek toe: “Break a leg.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



