Beurtkrag voorspel tot 2027

Deel hierdie storie / Share this story

Eskom se probleme sal nie binnekort opgelos word nie. Die maatskappy het in ‘n verslag gesê hulle voorspel dat beurtkrag tot 2027 sal voortduur.

Eskom is die afgelope 11 maande deur chroniese kragvoorsieningbeperkings in die gesig gestaar met ‘n rekordgetal dae, en opeenvolgende dae van beurtkrag. Eskom het ook nie daarin geslaag om voorvalle van sabotasie by sommige van sy kragstasies te voorkom nie.

Die verslag, wat 30 Oktober vrygestel is, skets ’n kommerwekkende prentjie van die probleme waarmee die nutsmaatskappy intern te kampe het.

Volgens Eskom sal “die situasie vererger, aangesien die prestasie van Eskom se vloot aanhou afwaarts neig, terwyl die vraag na elektrisiteit aanhou groei”. Die verslag sê die nutsmaatskappy sukkel om beplande instandhouding by kragstasies uit te voer weens interne probleme en sabotasie. Die voortuisig vir 2023 tot 2037 lyk nie goed nie, omdat Eskom se “vloot geen tekens van nuwe of verbeterde opwekkingskapasiteit toon nie.”

Die verslag voeg by dat die stelsel nie ten volle in die vraag sal kan voorsien nie.

Eskom se energiebeskikbaarheidsfaktor (EAF), wat die hoeveelheid tyd is wat ’n aanleg elektrisiteit kan produseer ,was oor die afgelope jaar was net bó 60%, wat ver onder sy teiken van 74% is. In die verslag voorspel Eskom dat sy EAF teen die einde van 2027 tussen 58% en 67% sal wissel. Dit bevestig beurtkrag sal mettertyd vererger. 

“Hierdie vraagvoorspellings word vergelyk met aanlegprestasie-aannames, en dit neem in ag dat Eskom se opwekkingsvloot na verwagting tussen 2023 en 2027 met 5 288 MW sal verminder as gevolg van aanlegte wat die einde van hul leeftyd bereik,” lui die verslag.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel