Donald, wat 18 maande oud is, is per helikopter vanuit Ellisras na Netcare Unitas-hospitaal, Centurion, Pretoria, gevlieg, nadat hy met elektrisiteit op sy ouers se plaas geskok het.
Volgens ‘n boodskap van “Landi” wat op Burre Burger en Hemelse Pêrels NPC se Facebook-bladsye geplaas is, word daar gebede vir die kleuter gevra.
Burre het gister ‘n video geplaas waar hy by die hospitaal is om die familie te ondersteun. Dit het goed gegaan alhoewel Donald steeds onder sedasie is.
Hy word volgens die video van vandag af stelselmatig wakker gemaak.
Burre het so pas ‘n opvolgplasing gemaak en gesê Donald se pupille goed reageer. Daar was geen aanvalle nie en die seuntjie se melk-inname gaan verhoog word.
Hy het tans baie slym wat aan infeksie of medikasie toegeskryf kan word en die dokters is wel bekommerd oor sy infeksietelling en lewerensieme.
Donald gaan vandag vir verdere toetse en ‘n breinskandering. Sy medikasie sal ook aangepas word vir breëspektrum-behandeling.

Lees ook:
Bronne: Burre Burger en Hemelse Pêrels NPC
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



