‘n Meisie (14) van Kampies, Ottery-1 informele nedersetting in die Kaap, is in hegtenis geneem nadat sy glo haar ma se kêrel (36), ‘n Malawiese burger, Saterdagaand gesteek het.
Sers. Wesley Twigg het die voorval besvestig en gesê dat polisie en mediese personeel na die toneel is, maar die man is op die toneel dood verklaar.
Die tiener is in hegtenis geneem en het Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn op ‘n klagte van moord.
Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê die saak is tot 10 November uitgestel en die tiener is tans in ‘n plek van veiligheid.
Lees ook:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



