Die regering het gisteraand ‘n verklaring uitgereik waarin daar gesê word dat dit kennis neem van die waarskuwing wat op die webtuiste van die ambassade van die VSA verskyn.
“Dit is die verantwoordelikheid van die Suid-Afrikaanse sekuriteitsmagte om al die mense in ons land veilig te laat voel.”
Lees die verklaring https://www.thepresidency.gov.za/press-statements/government-notes-us-terror-alert
Asof die VSA alleen se waarskuwing nie genoeg is nie, het die VK ook hul stem by die waarskuwing gevoeg.


Volgens News24 se beriggewing het onafhanklike bronne binne die SAPD en Misdaadintelligensie anoniem gerapporteer dat Amerikaanse owerhede gewaarsku is ten opsigte van ‘n moontlike aanval en dat sewe individue geïdentifiseer is wat deel is van ISIS.
‘n Presiese teiken is nie geïdentifiseer nie, maar drie noemenswaardige gebeurtenisse, genaamd Johannesburg Pride, ‘n Joodse komedie-verhoogstuk en Ethiopiese vredessamesprekings, vind wel in Sandton plaas in die tyd waarvoor die waarskuwing uitgereik is.
Sou jy gehoor gee aan die waarskuwings?
Pride Johannesburg het die volgende uitgereik, dat hul sal voortgaan met hul optog.


Nik Rabinowitz, komediant het soos volg reageer:


Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



