Kanye West het sy biljoenêrstatus verloor na hy die afgelope paar weke verskeie anti-semitiese uitlatings gemaak het en Adidas sy Yeezy-vennootskap met die kletsrymer opgesê het.
Adidas het alle besigheid met Kanye West gestop en het aangekondig dat dit die produksie van West se produkte gaan staak en sal ophou om hom en sy maatskappye te betaal.
In die laaste paar weke het verskeie maatskappye hulle bande met Kanye West verbreek na sy anti-semitiese uitlatings op sosiale media.
Daar is ook druk op Apple en Spotify om sy musiek van die lug af te haal.
Bronne: IOL, Briefly
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



