Kanye West sê glo Black Lives Matter is ‘n klug

Deel hierdie storie / Share this story

Die Amerikaanse kletsrymer en klereontwerper, Kanye West, het gesê die internasionale Black Lives Matter-beweging is ‘n klug.

Dit volg na hy en sy modelle hemde aangehad het met die slagspreuk “White Lives Matter” tydens sy Yeezy-modevertoning in Parys.

Hy het onder hewige kritiek deurgeloop en Jaden Smith het selfs die vertoning verlaat toe hy die slagspreuk op die hemde gesien het.

In reaksie op die kritiek wat hy ontvang het, het die rapper gesê: “Almal weet nou dat Black Lives Matter ‘n bedrogspul was, dit is verby, dis ‘n plesier.”

Bronne: Page Six, Daily Post

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Vroue die slagoffers van Iran-optogte