Met meer as 90 mense dood in die optogte in Iran is vrouens steeds die mense wat die meeste geweld ervaar.
Nika Shakarami (17) het deelgeneem aan die anti-hidjab optogte in Iran.
Sy het glo spoorloos verdwyn en ‘n week later is haar liggaam vir haar familie deur die sekuriteitsmagte vir haar familie gegee. Haar neus was gebreek en haar skedel is met ‘n swaar voorwerp inmekaargeslaan.
Haar familie is nie toegelaat om haar gesig te sien toe die sekuriteitsmagte haar liggaam aan hulle oorhandig het nie.
Hadis Najafi (23), wat haar hidjab in ‘n video afgehaal het, is glo in ‘n optog doodgeskiet. Ses koeëls is uit haar liggaam verwyder. Sy is in die kop, nek, bors, buik en hand geskiet.
Minoo Majidi (62) is doodgeskiet tydens ‘n optog in Kermanshah.
Ghazaleh Chelavi (32) is in Amol doodgeskiet.
Hannaneh Kia (23) is glo doodgeskiet toe sy op pad was huis toe van ‘n doktersafspraak in Nowshahr.
Sarina Esmailzadeh (16) is glo doodgeslaan deur sekuriteitsmagte. Haar familie word glo ook gedreig om stil te bly. Haar liggaam is glo deur die owerhede gevat en gebrand om te keer dat haar begrafnis nog optogte laat ontvlam.
Die vonk wat die kruitvat laat ontvlam het, was die dood van Mahsa Amini (22). Sy is dood na drie dae in ‘n koma ná sy in polisieaanhouding was omdat sy nie haar hidjab reg aangehad het nie.
Islamic Republic killing its teenagers for wanting to have a normal life.#NikaShakarami 17, vanished during the #IranProtests. After a week, security forces delivered her dead body with her nose fully smashed and her skull broken from multiple blows.#مهسا_امینی
— Masih Alinejad 🏳️ (@AlinejadMasih) September 30, 2022
#نیکا_شاکرمی pic.twitter.com/gCcyMmpNRq
Bronne: DNA India Twitter, Briefly, Bangkok Post
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



