Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het ten gunste van ‘n lid van die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika (Numsa) beslis wat afgedank is omdat hy nie voldoen het aan die verpligte entstofmandaat wat deur die Gautrein-bestuur opgelê is nie.
Die KVBA het Donderdag gesê Vhavhangwele Rhavhele moet weer as ‘n treinkondukteur aangestel word met ses maande terugbetaling.
Rhavele is in Maart deur die Bombela Operating Company afgedank omdat hy geweier het om die Covid-19-entstof te neem.
Hy het aangevoer dat dit inbreuk maak op sy grondwetlike regte. Phakamile Hlubi-Majola, Numsa se woordvoerder, het gesê die vakbond verwelkom die besluit en voeg by dat die maatskappy nie die afdanking regverdig het nie.
Bronne: Eyewitness News, MSN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Kanye West verloor biljoenêrstatus na anti-semitiese uitlatings



