Aktiviste teiken skildery van ‘Girl with a Pearl Earring”

Deel hierdie storie / Share this story

Drie mense is in Nederland in hegtenis geneem na hulle Donderdag iets op Johannes Vermeer se bekende Girl with a Pearl Earring-skildery in Mauritshuis, Den Haag gegooi het.

Foto’s wat op sosiale media gedeel is, wys hoe omgewingsaktiviste iets wat lyk soos sop op die skildery gooi.

Een persoon het homself aan die skildery geplak en een het homself aan die muur langs die skildery vasgeplak.

Die museum het gesê die skildery is nie beskadig nie.

Bronne: DW – South Africa, Metro

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Aktiviste gooi aartappels op Monet-skildery in Duitsland