Aktiviste teen klimaatsverandering het Sondag kapokaartappels op ‘n Monet-skildery in ‘n Potsdam-museum in Duitsland gegooi.
Slegs nege dae na die Just Stop Oil-groep tamtatiesop op Vincent van Gogh se Sonneblomme-skildery gegooi het, het aktiviste van Letzte Generation kapokaartappels op Monet se Les Meules gegooi en hulle hande aan die muur onder die skildery vasgeplak.
Hulle het gesê die aksie was om aandag op die probleem van klimaatsverandering te vestig.
‘n Woordvoerder van die museum het gesê die skildery is deur glas beskerm en dit lyk nie of dit beskadig is nie. Die polisie het die aktiviste kom wegneem.
Die Just Stop Oil-groep het hulself ook aan die Laaste Avondmaal-skildery vasgeplak in Londen.
Bronne: The Guardian, The New York Times
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Vier mense na aan koning Misuzulu vermoor voor kroningseremonie



