Vier mense na aan koning Misuzulu vermoor voor kroningseremonie

Deel hierdie storie / Share this story

Vier mense wat glo na is aan die Zoeloe-koning, koning Misuzulu KaZwelithini, is Saterdag doodgeskiet.

Indoenas Maphemba Cuphisa Ntuli, Sgonyoza Ngema, Yazi Zulu en Mbebiseni Zulu is almal Saterdag doodgeskiet tydens ‘n vergadering om vervoerreëlings te bespreek vir die kroningseremonie.

Verlede maand is dr. Dumisani Khumalo doodgeskiet na hy ‘n rietdansseremonie bygewoon het, Hy was een van koning Misuzulu se grootste ondersteuners.

Die polisie het bevestig die moorde word ondersoek.

Bronne: All Africa, Economy24

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Zoeloe-koning se raadgewer glo vermoor