‘n Senior raadgewer van die Zoeloe-koning, koning Misuzulu, is Saterdag dood nadat ‘n onbekende man hom glo na ‘n tradisionele seremonie geskiet het.
Dumisani Blasius Khumalo is doodgeskiet na hy die tradisionele rietdans in Nongoma bygewoon het.
Khumalo is glo aangeval toe hy op pad was huis toe. Hy was verantwoordelik daarvoor om geskille in die Zoeloe-gemeenskap op te los.
Dit is onduidelik wat die motief vir sy moord was en of dit met koning Misuzulu verband hou.
Bronne: Briefly, DW – South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Elton Jantjies se vrou, Iva, sê hy ontken alles, maar sy het bedenkinge



