‘n Man (69) is Saterdagmiddag deur sy seun by hul huis in Amoutana KZN ontdek waar hy in sy kamer gehang het.
Lede van Reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa) is omstreeks 14:22 na die huis ontbied.

Met hul aankoms op die toneel is die reaksiebeamptes ingelig dat die bejaarde man ‘n uur vroeër gesien is nadat hy sy familie ingelig het dat hy ‘n middagslapie gaan neem.
Sy seun het later die kamer binnegegaan en sy pa gevind wat met ‘n verlengkoord aan ‘n dakbalk gehang het.
Hulle het die koord geknip en Rusa vir bystand gekontak. Die man is met hulle aankoms dood verklaar.
Die motief vir die selfdood is nog nie vasgestel nie.
Indien jy of enigeen wat jy ken hulp nodig het, skakel die Suicide Crisis Helpline by 0800 12 13 14.




