Elton Jantjies, Springbokrugbyspeler, het homself glo twee weke gelede by ‘n dwelmrehabilitasiesentrum in Houtbaai ingeboek.
Eers was daar die voorval in Mei op die vliegtuig vanaf Turkye na Suid-Afrika waarna hy in hegtenis geneem is vir opsetlike saakbeskadiging.
En toe is daar die skokbeweringe in September van hom en die span se dieetkundige, wat tyd saam in ‘n gastehuis sou deurgebring het, wat deur albei partye ontken is.
Jantjies het nog nie weer rugby gespeel nadat hy en die dieetkundige hulle tasse moes pak en soos stout kinders van Argentinië huis toe gestuur is nie. Hy gaan ook nie die Europese toer in November meemaak nie.
Maar die skade is gedoen en Jantjies het besluit om homself vir rehabilitasie in te boek om homself te verbeter. Die doel hiervan is om “as ‘n beter man en speler na die verld terug te keer.”
Volgens inligting is hy reeds twee weke by die Harmony-kliniek in Houtbaai.
SA Rugby het hulself wetlik weerhou om persoonlike inligting bekend te maak.
Bron: AfriNuus
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



