WhatsApp aflyn

Deel hierdie storie / Share this story

Een van die wêreld se gewildste boodskap-apps, WhatsApp, is heeltemal aflyn en moontlik biljoene gebruikers is hierdeur geraak.

Die app het gebruikers eers toegelaat om boodskappe aan vriende te tik, maar die boodskappe is nooit ontvang nie.

Baie gebruikers het selfone afgesit en weer aangesit om die probleem te probeer oplos.

Die webtuiste DownDetector wys dat verskeie gebruikers van regoor die wêreld die probleem aangemeld het.

WhatsApp het nog geen opdatering of inligting bekendgemaak oor die probleem nie.

FiND iT hou jou op hoogte.

Klik hier om deel te raak van FiND iT se Telegram-groep.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel