Ma van KZN se snaakse slaggat-video viraal op sosiale media

Deel hierdie storie / Share this story

Amy-Lee Theron en haar gesin woon in KwaZulu-Natal en het op 6 Oktober dié video wat sy met haar foon geneem het op haar Facebook-blad gedeel.

Die video word volop op sosiale media gedeel, en ja, jy hoor reg, dit begin met ‘n jingle van ‘n speletjie wat jy sou speel.

Om saam met die Therons te reis, moet pret wees as hulle so lekker kan lag omdat die pad voor hulle byna onbegaanbaar is as gevolg van slaggate en almal ry waar hulle nie veronderstel is om te ry nie, net om te kan ry.

“Ek sweer as jy nie lag nie, gaan jy huil. Ons het gelag en gelag en gelag.”

Die Therons het op die R26 in die Vrystaat gery toe hulle volgens Amy-Lee pret gehad het deur “Pothole Dodgems” te speel.

“Maak seker jy sit jou veiligheidsgordel aan en probeer om nie hierdie pad in die aand of in reënweer te gebruik nie – jy sal nie in staat wees om te kan sien hoe diep die slaggate is nie.”

Die video is al meer 6 000 keer gedeel.

Vir meer pret en avonture kan die Therons gevolg word op:

www.instagram.com/travelling_with_the_therons

Lees ook:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.