Bejaarde man (75) wreed in sy huis aangeval

Deel hierdie storie / Share this story

Mauritz van den Heever (75), van Ash straat, Kameeldrift-Wes-kleinhoewes in Hercules, Pretoria, is Dinsdagaand laat in sy huis deur ‘n onbekende aantal gewapende verdagtes aangeval.

Na bewering is hy oorval, vasgemaak en aangerand met die wapens wat glo in die verdagtes se besit was, terwyl hulle sy huis geplunder het.

Hulle het Van den Heever se bakkie met sy besittings wat hulle wou hê, volgepak. Met dié dat hulle wou wegry, kon hulle nie die voertuig aansit nie en het doodluiters vervoer van daar gereël, die gesteelde goedere oorgelaai en met die buit gegaan.

Die man is die volgende oggend deur sy vrou ontdek en na die hospitaal geneem waar hy mediese behandeling vir sy beserings ontvang het.

Nico van Vuuren, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum sê van den Heever is intussen ontslaan en sterk tuis aan alhoewel hy nog baie seer en styf is.

Hierdie is klaarblyklik die tweede voorval wat in die area plaasgevind het in ‘n week en inwoners word gemaan om waaksaam te wees.

FiND iT Nuus het polisie gevra vir kommentaar.

Lees ook:

Bron: Rekord en Hercules GPF

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.