Kanye West moes Woensdag uit die Skechers-gebou in Los Angeles begelei word na hy ongenooid opgedaag het en besig was met “ongemagtigde verfilming”.
Die Skechers-maatskappy het dit duidelik gemaak dat hulle geen planne het om met Kanye West te werk nie. Hy het sy biljoenêrstatus verloor na Adidas en verskeie ander maatskappye hulle besigheid met hom opgeskort het.
Sy talentagentskap en prokureur het ook hulle bande met hom verbreek.
Dit volg na West die afgelope paar weke verskeie anti-semitiese opmerkings op sosiale media gemaak het.
Bronne: IOL, Daily Voice, People
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Kanye West verloor biljoenêrstatus na anti-semitiese uitlatings



