Sunette Bridges mede-skrywer van Ray Dylan se nuutste vrystelling

Deel hierdie storie / Share this story

Sunette Bridges, wat as wyle beroemde Bles Bridges se dogter en ook ‘n sangeres en skrywer in eie reg, geen bekendstelling nodig het nie, het saam met Werner Beukes aan ‘n nuwe Ray Dylan-vrystelling geskryf.

Die nuwe liedjie met die titel Ek Wens is in Sunette se eie ateljee, by haar huis in Amerika, waar sy al ‘n klompie jare bly, geskep.

“Ek is trots, dankbaar en kinderlik opgewonde!” het sy op haar Facebook-blad geskryf.

Sunette is die eienaar van Dorsett House by Rivers & Bridges en ook Rivers & Bridges Studio wat in North Carolina geleë is.

Haar talente ken blykbaar geen einde nie, wanneer mens die pragtige blomruikers, tafelversierings en foto’s van onthale wat sy self vir troues en funksies doen, gade slaan nie.

Sy het selfs gedurende 2019 ‘n draai in die Wit Huis gemaak.

Sunette is ‘n liefdevolle en trotse ma vir haar en Chris Roets se twee dogters en drie seuns, wat almal reeds hul eie lewens leef. Sy spog gereeld met hulle mylpale.

Luister na die liedjie hierbo en laat ons weet wat jy daarvan dink.

Lees ook:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.