‘Bedrog’ na Marno Muller-fondsinsamelings word ondersoek

Deel hierdie storie / Share this story

Die klein Marno Muller is ’n wonderwerk wat Suid-Afrika weer hoop gegee het. Marno het op 26 Mei vanjaar aan sy baadjie se toutjies gewurg by die kleuterskool en was daarna vir drie weke in die hospitaal se intensiewesorgeenheid opgeneem.

Hy het op 12 Junie wakker geword en is kort daarna huis toe waar hy nou aansterk. Lees die vorige berig hier.

Mike Bolhuis, privaatondersoeker, sê Marno se ma, Helga, het hom genader om ondersoek in te stel na fondse wat vir Marno ingesamel is.

Marno se ma word nou daarvan beskuldig dat sy bedrog gepleeg het. Bolhuis en sy span stel nou ondersoek in om vas te stel dat Helga geen geld van die organisasies af ontvang het vir persoonlike gewin nie.

Bolhuis sê daar is geen ander manier om die skindertonge stil te maak anders as om ‘n ondersoek te doen nie. “Suid-Afrika se nommer een sport is mos maar skinder.”

Bolhuis sê hy sal namens haar optree. “Ons kry alle bankstate en alle bewyse en ons sal ‘n algehele finansiële forensiese ondersoek doen en ook ‘n algehele blootstelling aan die publiek doen. Dit is ‘n publieke aangeleentheid en die publiek sal wil weet wat met hulle geld gebeur het.”

Bolhuis sê hy het ‘n span saamgestel, Maatje Swanepoel en Odette van Staden, wat aan die ondersoek sal werk.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.